Verlede maand
Nigerian sleep my bed toe, nou’s ek preggies
Auntie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS V en sit met ’n helse probleem wat ek nie weet hoe om te hanteer nie.

Ek is 18 jaar oud en nou omtrent vier maande’swanger.

Ek het op die oomblik nog net vir my ma daarvan laat weet en was nog nie by ’n kliniek om my swangerskap te confirm nie.

Maar die bewyse is daar en wonder bo wonder weet almal al van my pregnancy.

Die daddy is ’n Nigerian man. Wat dinge soveel erger maak, Antie, is hoewel ons die Rainbow Nation is, hou mense nie van daai nasie nie.

Ek was aan die begin net bevriend met hom, want ek wou nie soos ander mense wees en hom judge by race nie.

Ons vriendskap het in Mei begin, tot ek die fout gemaak het deur in Augustus met hom te slaap.

Antie, dit was ’n fout wat nie moes gebeur het nie en sometimes wens ek dat ek die hart gehad het vir ’n aborsie, but die baby is innocent.

Beste

Die baby is ’n gift van God af en ek het nie die reg om sy of haar reg op lewe te ontken nie.

Ek gaan my dedicate aan die baby. My baby – elke baby – verdien net die beste.

Antie, die mense praat van my. “Skinder” is eintlik ’n beter woord. Dit het nooit voorheen met my gebeur nie ...

Ek wou baie graag uit die plek uit gekom en gaan werk het vir my ma.

Toe gebeur dit nou.

Wat doen ek, Antie?

Die finansies in die huis is nie sterk nie. Ek dink ek het darem die daddy se support.

Kan ek nie dalk during my pregnancy van die huis af study nie, Antie?

Ai, but die finansies.

Somtyds mis ek die me before September ...

But wat kan ek doen, Antie? Asseblief, ek het raad nodig.

Ek het baie mense teleurgestel, but ek own up to this responsibility.

Ek voel net confused en ook ’n bietjie aggressive oor die mense wat ’n mens aankyk. – V, WhatsApp

Gedane sake het geen brieke nie. Dus is daar nie veel wat jy kan doen aan wat klaar aan’t gebeur is nie.

Een ding wat jy egter nie uit die oog moet verloor nie, is dat hierdie beslis nie die einde van jou toekomsplanne is nie.

Dit complicate dinge dalk, maar niks is onmoontlik vir jou in hierdie lewe nie.

First things first: Hoewel al die signs volgens jou daar is, moet jy by jou naaste kliniek uitkom en officially seker maak van jou pregnancy.

Dit is nie net om sekerheid te kry nie, maar om ook te begin met jou maternity journey vorentoe.

DIé journey kan net begin sodra jou swangerskap bevestig word en jy jou lêer by die kliniek laat open sodat jou due date en kraambed bespreek kan word.

Moenie dit veel langer uitstel nie. En dan sal jy ook nie net kan dink dat die baby daddy jou gaan bystaan nie.

Wanneer jou pregnancy bevestig word, moet jy die pa inlig sodat jy sommer nou al kan establish of hy in jou en die kind se lewe gaan bly of nie.

Maklik gaan dit nie wees nie, maar met die nodige support sal jy die kraamwa deur die drif kan trek.

Pursue steeds jou drome. Wat ook al jy in hierdie lewe wil bereik, hoef nie nou tot ’n einde te kom nie.

Jy kan steeds verder gaan studeer – mits jy dit natuurlik deur matriek maak en aansoek doen vir verdere studie by ’n tersiêre instelling.

Antie preek nie meer oor jongmense wat moet wegbly van die grootmensdinge af nie.

Julle luister anyway nie en doen julle eie ding. Net om later, in situations soos hierdie, te besef dat jy veels te jonk is om so ’n verantwoordelikheid op jouself te vat.

Aan die een kant hoop ek dat jy en jou vermoedens verkeerd is en dat hierdie net ’n wake-up call vir jou sal wees.

Maar as dit nie die geval is nie, gaan jou lewe onherroeplik verander.

Jou carefree dae gaan iets van die verlede wees, want ’n kind wat nie gevra het om hier te wees nie, gaan jou responsibility wees.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters