14 dae gelede
‘Nice ou’ lig sy hand as hy dop in sy gat het
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS D van E en weet nie meer wat om met my boy­friend, H, te maak nie.

Ons albei bly by ons ouers en het in Maart opgebreek.

Antie, ek dink so baie aan hom.

Hy is ’n nice mens as hy nie drink nie.

Maar as hy dronk is, is hy baie deurmekaar en lig hy sy hand vir my. As hy dronk is, kom hy ook na my ouers se huis toe.

Ons het mekaar onlangs gesien en toe praat ons oor dié dinge van hom. Ek is baie lief vir hom en hy wil weer opmaak, maar ek is bang hy gaan weer sy hande lig vir my.

Sy ouers hou ook nie van my nie. Ek weet regtig nie hoekom nie.

Het Antie raad vir my, asseblief? – D van E, WhatsApp

Hierdie lockdown is ’n goeie tydperk vir jou om weer perspective te kry en te besin oor wat belangrik vir jou is.

Wat beslis nie belangrik in die lewe is nie, is ’n dronk jong met jeukende vuiste.

Wanneer iemand sy hand vir jou die eerste keer lig, is daar altyd die possibility dat dit weer en weer en weer in die future sal gebeur.

Is jy lus vir ál daai drama en potential skoonouers wat nou al nie van jou hou nie?

Dis dan duidelik dat hulle hom in sy papbroek-kwaad versterk.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters