2 maande gelede
Na twintig jaar meer kwaad as gelukkig
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS 50 jaar oud en is 20 jaar getroud.

My man loop sommer kwaad vir my rond as ek vir hom nee sê as hy daar wil wees.

Ek voel nie vir dit nie en ons is meer kwaad vir mekaar as wat ons gelukkig is. Dit kom al jare so aan en ek is regtig al gatvol.

Hy het 18 jaar gelede kind gaan maak en ek het hom nog ’n kans gegee, maar hy laat my nie meer soos ’n vrou voel nie.

Ek moet net maak en doen wat hy wil hê. – via WhatsApp­

Dis natuurlik net figuurlik bedoel dat jy gatvol is, nè, vrou?

Jy sê jy het hom nog ’n kans gegee, maar dit blyk dat jy hierdie misstap vir byna twee dekades steeds teen hom hou.

Weet jy, wanneer mense al so lank getroud is, kom hulle baie keer nie eens meer agter dat hulle so stief met mekaar is nie.

Julle is groot en dit is tyd dat julle soos grootmense mekaar in die oë kyk en die ding uitpraat.

Dit baat nie julle loop kwaad vir mekaar deur die lewe nie. Die issues wat pla, gaan nie verdwyn nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters