21 dae gelede
Ná opneukery weier sy om hom ’n kans te gee
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK HET ’n meisie van Atlantis, ES, gedate.

Ek het opgeneuk ’n paar jaar gelede, maar is nog baie lief vir haar.

Sy wil egter niks verstaan nie, al het ek aan haar verduidelik dat ek nie meer dieselfde ou van destyds is nie.

Ek sal enigiets doen om dinge reg te maak en ek verwag nie dat sy my met ope arms moet terugvat nie.

Ek wil net die kans hê om op te maak vir die dinge wat ek verbrou het.

Antie, ek mis haar elke liewe dag van my lewe.

Ek kan nie ophou dink aan ál die lekker times wat ons saam gehad het nie. – K van Kraaifontein, WhatsApp

Spyt kom altyd te laat, soos wat jy nou besef.

Jy brei nie uit oor presies wat jy haar aangedoen het nie, maar dit moes nogal erg gewees het as sy nóú nog nie vir jou kans sien nie.

Hoe swaar dit ook al vir jou mag wees, moet jy haar wens aanvaar en dit respekteer.

Dit is immers duidelik dat sy nie bereid is om jou nog ’n kans te gee nie, maak nie saak wat jy sê, soebat of beloof nie.

Jy het probeer en dit het nie gewerk nie. Dit is nou tyd om aan te beweeg.

Dit gaan ook nie baat jy gee haar tyd nie, want as sy jou ná ál die jare nog nie kon vergewe nie, is die kanse skraal dat dit binnekort sal gebeur.

Hierdie is ’n les van hoe ’n mens die liefde van jou lewe kan verloor deur dinge wat ’n mens aanvang.

Move aan, liefie. Dit baat nie jy hou asem op oor iets wat duidelik nie gaan gebeur nie.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters