2 maande gelede
Ná ‘genotvolle’ tydjie is die meisie nou swanger
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS B van P en ek is 28 jaar oud.

Ek het ’n 23-jarige meisie op Facebook ontmoet en ons het op WhatsApp begin chat.

In ons gesprekke het sy genoem sy gebruik voorbehoedmiddels.

Ons het ontmoet en het ’n naweek saam gespend. Die Saterdagnag sê sy vir my sy hoop nie sy raak swanger nie en ek het nie gevra wat sy bedoel nie.

Ons het ’n genotvolle naweek gehad, maar die Maandag kom sy met beskuldigings dat ek nie eerlik met haar is nie. Sy het so perform totdat ek gevoel het ons moet elkeen sy eie way gaan.

Antie, ná drie weke kom sê sy sy was by die kliniek omdat sy voorbehoedmiddels wil gebruik en toe vind hulle uit sy is swanger.

My vraag is hoekom sy voorbehoedmiddels wil gebruik en of sy so gou weer iemand het, toe sê sy sy het niemand nie.

Antie, iets klink nie vir my lekker nie.

Hoekom wil ’n vrou birth control gebruik as sy niemand het nie?

Ander ding, sy het ook nooit by my van morning sickness gepraat nie. Hoe hanteer ek dit? via WhatsApp

Soos ’n gentleman, boeta. Soos ’n gentleman.

Wat nie vir Antie lekker klink nie, is dat jy sommer in die bed spring met ’n wildvreemdeling met wie jy maar gechat nie, maar dit kom nie by jou op om kondome te gebruik nie.

Jy kan mos nie net op haar woord gaan nie. En selfs al was sy op voorbehoedmiddels, is daar vleeslike siektes en goeters daar buite.

Dit klink vir my of jy jouself wysgemaak het dat hierdie meisie dalk reeds swanger was, en jou nou met ’n slap riem wil vang.

Dit is jou volste reg om op ’n vaderskapstoets aan te dring om 100% seker te maak jy is nie die pa nie.

Jy moet dit op so ’n menslike en sensitiewe manier doen dat jy dit nie aan haar stel dat sy jou getrick het nie.

En as dit wel jou kind is, moet jy jou verantwoordelikhede nakom.

Sien jy nou in watter dilemma daai “genotvolle” naweek jou geplaas het?


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters