14 dae gelede
Na 5 jaar word sy steeds nie appreciate nie
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS vyf jaar met hierdie ou, maar hy appreciate my nie.

Ons het ’n dogtertjie saam, maar ons is nie in ’n verhouding nie.

Ons word net saam gesien. So, toe begin ek ’n ander meisie sien.

Sy hou nie daarvan dat ek en my kind se pa saam gesien word nie. Sy het aan haar mense gesê dat ek en sy saam is. Ek weet nie meer wat om te doen nie.

Ek is single, maar dit lyk dan nou asof ek in ’n relationship is. – E, WhatsApp So, hierdie meisie dink julle twee is ’n item?

Maar as jy jou as single sien, beteken dit dat jy nie in ’n verhouding met jou kind se pa of hierdie meisie is nie.

Al manier hoe hierdie confusion uitgesorteer kan word, is as jy oop kaarte met haar speel.

Vir jou kan dit dalk net ’n fling wees, maar sy sien clearly iets anders.

Deur nie openlik met haar te wees nie, beteken dit jy hou haar en haar gevoelens aan ’n lyntjie.

As jy haar nie kan gee wat sy wil hê nie, moet jy haar sê sodat sy kan besluit of sy dit so aanvaar, of eerder wil aanbeweeg met haar lewe.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters