5 dae gelede
Na 2 kids en 6 jaar wonder sy of hulle gaan trou
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK EN hierdie man kom al ses jaar aan en het twee kinders saam.

Nou wonder ek of hy ooit met my gaan trou.

Wat dink Antie? – Wonder, WhatsApp

Liefie, hierdie is ’n vraag wat jy hardop teenoor jou kinders se pa moet uiter.

Hy is al een wat jou sal kan sê wat sy planne met jou is.

Antie reken dat hy ná ses jaar al so comfy is en seker redeneer dat julle so te sê getroud is omdat julle reeds al die goed doen wat getroude couples doen.

Dis mos wat gebeur as ’n mens die alfabet van die lewe agterstevoor om wil doen.

Maak hom sit en gesels met hom oor hierdie issue wat jou pla. Wie weet, dalk besef hy ook dat dit al hoog tyd is dat hy jou kansel toe moet sleep.

Dit moet egter iets wees wat hy wíl doen, anders gaan jy anyway heeltyd wonder of hy nie net met jou getrou het oor jy gevra het nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters