3 maande gelede
Ná 18 jaar is vrou nou moeg van luisgat
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS al 18 jaar in ’n verhouding met iemand. Ons het twee kinders saam en woon al nege jaar saam, maar dit voel nie asof ons ’n verhouding het nie.

Antie, ek soek iemand wat tyd spend met my en my kinders. Iemand wat met my gesels as ons in een vertrek is.

Nie een wat net wil seks hê en met sy vriende uitgaan nie.

Hy slaap weekends uit en as hy huis toe kom, wil hy net slaap. Heelweek.

Ons albei werk nie, maar hy wil nie eens moeite doen om ’n werk te gaan soek nie. Ek loop en soek, maar nie hy nie. Hy wil net lê en ontvang.

Ek sukkel om ontslae te raak van hom, Antie.

Ek het nie meer gevoelens vir hom nie en hou hom eintlik nog net aan ter wille van die kinders. – Moedeloos, WhatsApp

Ai, dit moet darem ’n lekker lewe wees om die hele week om te slaap en naweke uit te slaap.

Daai is mos ’n carefree lewe met g’n sorge en looming debietorders nie. ’n Luilekker lewe.

Dít terwyl jy darem probeer om aan ’n werk te kom.

Waarheen verdwyn hy dan so naweke wat hom agterna ’n hele week lank uitput?

Het jy al ooit probeer om agter die kap van die verdwyn-byl te kom?

Kan dit wees dat daar dalk ’n ander flame is wat hom so uitput?

As jy nie meer kans sien vir hom nie, dan moet jy vir hom so sê.

Veral oor hy anyway nie veel van nut is in julle huishouding nie.

Hy maak dit sy werk om hom naweke moeg te paartie en nie om werk te soek nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters