6 dae gelede
My vrou soek tjieng as sy my luste uitsort
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK SKRYF oor daai ou wat so kla dat hy nou sy skoonma ook moet uitsort.

Hy moet sy seëninge tel. Hy is bevoorreg om sy brood so alkant gebotter te hê.

Hier by my gaan dit maar alte droewig. Ek is gelukkig as ek al oor ’n maand iets kry.

En dis nou nie dat ek hoef skaam te wees oor my move nie.

Dit voel ek slaap langs ’n lyk. Ek mag nie eens aan haar raak nie of sy maak ’n geraas.

Sy het een aand amper deur die dak gespring toe ek aan haar raak.

Ek kan nou nie meer uithou met die gevrekte vrou nie. ’n Man soek mos darem ’n bietjie aksie.

Ek het al probeer praat, toe kry ek eers twee maande later iets. Nou hou ek maar my mond.

Sy wil ook nie vry nie. Ek moet net opspring en laat wiel en ek moet ook nie te lank maak nie, Antie.

Daai is mos nie reg nie. En die volgende môre moet ek die beursie reg hou, want sy soek betaling.

Ek het nou al ’n paar keer wet dreams­ gekry van honger ly.

Die lockdown het dinge net vererger. Nou is sy so geïrriteerd.

Ek waag dit nie naby die vrou nie. Antie, ek is so bored. Ek het nog nooit gejol nie, maar oorweeg dit nou sterk.

Kan Antie nie vir my koppel met daai ou wat kla oor die skoonma nie? Ek wil hom graag uithelp.

Ek het nou al klaar ’n rooster opgestel. Op hierdie manier los ons albei se probleem op.

Hoe klink daai vir Antie? – Gatvol Man, WhatsApp

Los nou maar die koppel-gedagtes van jou.

En ’n rooster is buitendien net om te braai, nie om tyd af te knyp om iemand anders se skoonma te gaan opklim nie.

Die slim mense van die lewe maan ons mos daarteen om ander mense se problems ons eie te maak, want jy kry anyway nooit waarvoor jy wish nie.

Jou WhatsApp-brief was vir my ’n déjà vu-oomblik soos min.

Elke dag. Elke liewe dag wat die Heer ons gee, is daar ’n man wat op ons WhatsApp-platform kla oor die behandeling wat hy van sy vrou kry.

Die sake van die bed is vir baie een van ontnugtering, frustrasie en die opbou van wrokke.

Seks is nie alles nie, maar selfs dié wat tot in die slaapkamer halleluja-koortjies wil sing, moet admit dat dit een van die lekkerste aspekte van die huwelik is.

Maar daar is ongelukkig van my Eva’s wat dit for granted vat.

Wat so moeilik is om te verstaan, kan Antie nie aldag kleinkry nie.

As daar nie iets medies skort nie (baie vroue wil anyway nie vir hulp hiervoor gaan nie), moet daar mos iets anders wees wat krap.

En daai iets anders is clearly nie sulke vroue se mans se hande nie.

Gee credit waar dit toekom – en hier praat Antie nou nie van Sportscene nie.

Daar is mans wat so getrou soos die Psalms van Dawid is, mans wat hul hande stompies werk vir hul gesin, wat nie omgee om jaar-in en jaar-uit dieselfde ou vervelige jeans te dra sodat hul familie beter kan hê nie.

En wat doen vroulief dan? Vroulief trek dit deur die naat.

Veels te veel as daai trouring aan die vinger gaan, trek madam haar bene toe en sy begin werk vanaf ’n skedule in haar mind.

Die arme man moet eers soos ’n beer in die huis rondloop en kwaad wees vir almal voordat hy dan die aand iets gaan kry.

En dis in sulke oomblikke dat hoermeide op die stage spring, die spotlight op hulle skyn en hulle dan links voor in hubby se kar begin cruise.

Dan wil jy, liewe suinige en preutse vrou, hardloop om die hande opgelê te word, want jy voel dis ’n aanval van die duiwel op jou huwelik. Kaantie is dit jy en jou luiheid vir afgee wat self jou huwelik in stormagtige waters laat rond dobber.

Meneer Gatvol, ’n ander man se “gelukkie” is nie die antwoord op jou probleme nie.

Jol is en sal nooit dinge regmaak nie. Daarvoor duur daai sogenaamde lekkerte net te kort.

Gaan sit stil en beraam ’n plan oor hoe jy die situasie gaan oplos.

Dis nie net ’n saak van vlees hierdie nie, dis ook een van mind.

Dink mooi oor hoe jy tot daai mind van haar kan deurdring sodat sy besef wat sy te verlore het.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters