12 dae gelede
My vrou leen dorp plat
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

MY VROU leen oral geld.

Al die loan sharks in ons dorp ken haar al. Die mense praat al van haar, en ek en die kinders is al te skaam om winkels toe te gaan.

As die skuld aan die einde van die maand afgetrek word, het sy niks van haar salaris oor nie.

Dan hardloop sy maar net weer na hulle toe en ek en my pay moet dan die meeste uitgawes dek.

Ek het al mooi gepraat, gesoebat en geskel. Niks help nie.

Hoe kan ek tot so ’n vrou deurdring? – B van L, WhatsApp

Sy sal nog so leen totdat sy haar siel weg leen. Hierdie leningplekke was nog nooit ’n oplossing nie, want geleidelik dompel jy jou ál dieper in die skuld.

Dit is ’n vieslike stelsel wat design is om jou finansieel leeg te tap. En dan moet jy elke keer teruggaan om kop bo water te hou.

Die realiteit is dít: As jy leer om oor die weg te kom met wat jy het, sal dit nie nodig wees om na sulke plekke te gaan nie. Sy moet dit besef. Sy is tans besig om nie net haarself nie, maar julle as gesin finansieel te ruïneer.

As sy nie kan sien wat julle by haar probeer tuisbring nie, stel Antie voor julle roep die hulp van ’n berader of debt counsellor in.

Wees net op julle hoede, want nie almal van hulle se intentions is om jou te help nie. Antie hou duim vas jy dring tot haar deur!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters