15 dae gelede
My vrou is yskoud in die bed
Auntie Mona
Auntie Mona  ~ ~

Liewe Antie Mona

MY VROU is nou maar eers 36 jaar oud, maar sexually dood. Ek weet nie meer wat om te doen nie.

Het Antie dalk raad vir my? – Raadop Man, Whats­App

Nee, kyk, op 36 jaar behoort jou vrou nog nie eens die peak van haar sexuality te bereik het nie.

Dus kan daardie lus nog nie geblus wees nie. Tensy daar natuurlik iets anders skort.

Om in die stilte hieroor ongelukkig te wees, gaan jou niks in die bed bring nie.

Jy sal jou mond moet oopmaak en vir haar sê hoe jy voel.

Jy kan natuurlik ook self die leiding neem en weer daai spark in die slaapkamer aan die gang kry.

Reël vir julle lekker romantiese aandjies waar net julle tweetjies mekaar se geselskap (onder meer) kan geniet.

Laf

Daar is ook niks daarmee verkeerd om byvoorbeeld vir haar stoute onderkleertjies te koop nie, dit mooi toe te draai en ’n briefie daarby in te sluit waarin jy vir haar sê jy sal likes as sy vir jou daarin par(r)adeer. Verskoon maar die pun.

Die huwelik need sy spice.

Anders raak dit ’n ander laf. Soos sout laf kan raak.

Jy wil dít natuurlik nie hê nie.

Kommunikasie is die key.

Maar waak daarteen dat dinge in so ’n conversation handuit raak en meer lei tot bollewange en bene wat styf teen mekaar toeklap.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters