3 maande gelede
My vrou en haar joller begin weer met dinge
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

DINGE is nou al ’n hele ruk lank nie lekker tussen my en my vrou nie.Sy is dikbek vir my nadat ek haar oor stories confront het.

Ek het allerhande stories gehoor oor haar en ’n kollega van haar, maar sy ontken alles. Die ding is, dis dieselfde kollega met wie sy ’n ding aangehad het voordat ons getrou het.

Sy het op my gecheat, maar ek het besluit om haar nog ’n kans te gee nadat sy belowe het dit gaan nooit weer gebeur nie.

Maar nou bly hulle knaend in mekaar se geselskap en bly laat saam “werk”. Ek het al gevra hoekom hulle twee dan altyd saam moet werk, maar sy kan my nie ’n regte antwoord gee nie.

Sy kom later as gewoonlik huis toe en as ek deesdae net aan haar vat, dan trek haar liggaam styf.

Dink Antie daar is iets aan die broei? – Bekommerde Man, WhatsApp­

Sonder enige bewyse is dit moeilik om uit en uit te sê daar is ’n jol-kuiken aan die uitbroei.

Maar, ja, daar is ’n history tussen hulle twee wat nie sommer geïgnoreer kan word nie.

Kyk, ’n mens kan nie altyd agter stories aangaan nie, want sommige mense het mos maar hulle eie agenda. Maar as daar iets in steek, sal jou vrou die laaste mens wees wat dit teenoor jou sal admit.

Die beste wat Antie kan voorstel, is dat jy jou lyf detective hou.

Vind ’n bietjie uit of ander kollegas ook “laat werk” en wat spesifiek hulle by die werkplek doen wat nie gedurende werksure afgehandel kan word nie.

Waar daar ’n rokie is, is daar mos in die meeste gevalle ’n vuurtjie. Maak seker daai vuurtjie is nie op pad om ’n brand in jou huwelik te veroorsaak nie.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters