2 maande gelede
My vrou en beste pel hou hande in die mall
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

DRIE maande gelede vang ek my vrou en my beste pel in ’n mall hand aan hand loop.

Hulle het hulle asvaal geskrik en het omtrent gehakkel.

Hulle verskoning was toe dat hulle mekaar in die mall raakgeloop en toe sommer besluit het om koffie te gaan drink.

Dalk, maar hoekom dan hand aan hand met mekaar loop?

Hierdie so-called vriend is ook getroud, maar hy is ’n jong wat hou van jol.

Hy het so ’n goeie vrou, maar dan vang hy sulke dinge aan.

Ek weet waarvan ek praat, Antie, want hy het al baie teenoor my gebrêgh oor die meisies wat hy bed toe gesleep het.

Nou lyk dit iets is aan die kook tussen hom en my vrou. Sy stry natuurlik haar gat af, maar ek kan sien sy lieg.

Sy kon my van daai dag af nie in die oë kyk nie en dinge is nie meer dieselfde tussen ons nie.

Ek het uit ons slaapkamer getrek en slaap saam my seun in sy kamer.

Antie, ek kan myself net nie sover kry om aan haar te vat nie, want ek bly sien hoe hulle vir mekaar in die mall gesmile het.

My sogenaamde vriend hou hom ook nou skaars, maar ek worry nie oor hom nie; ek is anyway lus en moer hom op sy vet neus.

Ek kan nie glo my vrou het dit aan my gedoen nie. WF

Jy is reg: Watse handjies­vashouery was dit tussen hulle?

Antie glo ook nie hulle het mekaar toevallig daar raakgeloop nie; dit was ’n afspraak.

Hulle het seker nooit verwag dat hulle jóú daar sou raakloop nie, vandaar hulle astrantheid.

Jy kan haar egter nie vir altyd vermy nie. Julle sal dié ding een of ander tyd moet uitpraat.

Wil jy dan nie graag uitvind presies wat tussen hulle aan die gang is nie?

Wil jy dan nie graag aan jou huwelik werk nie? Issues in ’n mens se huwelik verdwyn nie sommer vanself nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters