2 maande gelede
My verloofde het ’n ou affair­ met ’n kollega
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

HELP asseblief. My verloofde vat my lelik vir ’n pop.

Ek het pas uitgevind hy het al die afgelope twee jaar ’n affair.

Ek het hom vertrou, want ons is al ses jaar saam.

Ek het niks vermoed nie, want ons is albei in bestuursposte en is baie by die werk.

Ons wou Paas­naweek Durban toe gaan, maar ek moes maar alleen gaan, want iets het voorgeval – soos gewoonlik.

Ek het later by my buurvrou gehoor hy het omtrent gepaartie met ’n langbeen-vrou. Dis ook nie die eerste keer dat sy daar kom wanneer ek weg is nie.

Ek het sy beste vriend gedreig om te praat, toe sê hy hulle kry mekaar soms in klubs.

Ek het toe werk daarvan gemaak om alles oor die affair uit te vind.

Ek het toe uitgevind wat die ander vrou se naam is.

Dis ene Miss D en sy werk glo in dieselfde area as hy.

Sy werkure is lately baie deurmekaar, tot so laat as 21:00 en soms sewe dae per week.

Ek het afgekom op ’n swart boekie wat hy in sy laptop-sak wegsteek.

Van al die name daarin is hare omtrént met hartjies omring.

En toe ek die bankstate nagaan, het ek gesien hy het die helfte van die spaargeld vir ons troudag op haar gemors.

Ek het hom behoorlik uitgetrap daaroor.

Ons wil in Desember trou, maar ek is nou nie meer so seker nie.

Hy sê hulle is al sedert skooldae net vriende, maar ek weet dis bullsh*t.

Wanneer ek kwaad is, spoil hy my en sê niemand kan hom be­vredig soos ek nie.

Antie, ek is verskriklik lief vir hom, maar ek wil weet of ek hom moet los of nog ’n kans moet gee? Anoniem

Nee wat, meisie, daai verloofde van jou is ’n gladdebek-joller.

As hy daai girl nou al twee jaar spyker, is daar geen rede waarom hy nou skielik gaan ophou nie.

Hy bederf jou, want hy weet jou liefde vir hom is blind en jy sal hom elke keer vergewe.

Los hom, want hy gaan jou net meer hartseer in die toekoms besorg.

Dis beter om die verhouding nou te beëindig as wanneer julle getroud is en dalk kinders het.

Jy klink na ’n goeie girl wat ’n goeie ou verdien. Ek weet dit is moeilik, maar die tyd genees.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters