15 dae gelede
My sleg man move die aarde vir my vriendin
Auntie Mona
Antie Mona  ~ ~

Liewe Antie Mona

EK IS ’n groot, getroude vrou. My man het nog altyd gejol en was altyd sleg.

Ek was ook weg van hom af jare terug, want ek het ook iemand gesien. Ons kinders is almal getroud.

Nou is daar ’n vriendin wat by my oorslaap en my man doen alles vir haar.

Hy neem haar werk toe, gaan haal haar, maar hy neem my nêrens nie. Hy stryk tot haar klere ook.

Ek kry die gevoel daar is iets meer. Hy sê dis k*k praat.

Ons is 38 jaar getroud. Miskien wil hy my nie meer hê nie?

Dink Antie ek moet uit die huis trek? Hy is baie sleg al die jare. Moedelose Vrou

Vrou, hoekom moet jý die een wees wat trek?

En hoekom kan dié vriendin dan nie op haar eie gaan bly nie?

Wat dink sy dan? Dat jou man ’n rent-a-hubby-besigheid bedryf?

Dis tyd dat jy jou voet dwars sit en beheer van jou huishouding oorneem.

As daar egter wel iets tussen die twee aan die gang is, gaan dit moeilik wees om hulle in hulle spore te stuit.

Dan sal jy moet besluit hoe lank jy nog jou man se sleggeid gaan entertain.



Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters