8 maande gelede
My ou se eks dwing haarself op teen hom
 ~ 

Liewe Antie Mona

Ek en my ou is nou al ’n jaar in ’n verhouding. Hy het ’n eenjarige dogtertjie by sy eks-meisie.

Dié eksmeisie bly boodskappe stuur soos dat hy meer tyd vir my as sy dogtertjie maak.

Hy besoek af en toe sy kind, maar hy wil nie eintlik soontoe gaan nie, want sy wil haarself aan hom opdwing.

Dit het een keer gebeur in ons verhouding, maar wat is die kanse dat hul sexual feelings vir mekaar nie weer kan opvlam nie?

Gee raad, asseblief. Anoniem

Jy is baie vaag oor dié “sexual feelings” tussen jou outjie en sy eks.

Beteken dit hulle het al saam geslaap in die tyd dat julle in ’n verhouding is?

’n Pa behoort daar vir sy kind te wees; hy kan eenvoudig nie wegbly nie.

Julle sal iets moet uitwerk dat hy steeds toegang tot sy kind kan hê sonder dat die eks hom wil bespring.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters