24 dae gelede
My ou se baby moma sê hulle twee spyker nog
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

DIE afgelope ag maande is dinge niks lekker in my verhouding nie.

Ek en my outjie gaan al twee jaar uit en dinge was orrait, maar nou stry ons elke dag.

En dit alles oor sy kind se ma.

Antie, ek en hy het nie kinders saam nie. Ons probeer, maar ek kon nog nie pregnant raak nie.

Ek wil hom baie graag ’n kind gee, want ek is lief vir hom.

Nou gooi sy kind se ma die feit dat ek nie kan swanger raak nie elke keer in my gesig.

Sy soek nou verskoning om elke keer my outjie te sien. Die kind bly siek en dan moet hy hardloop om plan te maak om die kind by ’n dokter te kry.

Sy kind se ma het al vir my ’n WhatsApp gestuur waarin sy sê hulle los die kind by haar suster en n*** dan lekker.

Ek het hom hieroor gevra, maar hy ontken dit en sê hy gaan net daarheen vir sy kind.

Ek weet nie meer wat om te dink nie. Ek dink nie hy sal vir my lieg nie, want daai meid sal alles sê om my te spite. – Ontevrede Girlfriend, WhatsApp

Hierdie situasie gaan ’n omnibus van drama vir jou wees.

Dit gaan jaar-in en jaar-uit loop van die een issue na die ander.

Jou kêrel sal altyd gebind wees deur die kind wat hulle share. En hy sal altyd deel van hierdie kind se lewe wees, want hy het responsibilities wat hy moet nakom.

Hoe julle as die grootmense in die verhaal die situasie hanteer, is egter ’n ander saak.

Hierdie eks glo sy en haar kind se pa hoort saam. Sy sal so bly glo solank sy kan.

Maybe moet jy begin bid vir dit. Maybe moet julle ook ’n slag die situasie soos grootmense hanteer.

Wie fight in vandag se tye nog oor ’n man?

Sort al hierdie stront in jou lewe uit voordat jy pregnant gaan raak van ’n man wat dalk nie vir altyd in jou lewe gaan wees nie.

Onthou, Sassa is nie jou kind se pa nie.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters