Verlede maand
My ou maak girl preggies op V-dag
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK EN my outjie is nou al vyf jaar saam en hy het nog nooit op my gecheat nie.

Maar ek het pas gehoor dat hy op Valentynsdag met iemand geslaap het.

Hy sê dit was die eerste keer omdat ek en hy gestry het.

Nou sê die vrou dat sy laasweek gehoor het dat sy ag weke swanger is. Kan dit sy kind wees? Ek weet regtig nie wat ek moet maak nie. – Deurmekaar Meisie, WhatsApp

Genade, van ál die dae van die jaar verneuk hy jou nie net op Valentine’s Day nie, maar maak die ander meisie boonop swanger?

Daai is mos regtig ’n junk gedagte van hom, jinne.

Valentynsdag was immers twee maande gelede, so daar is ’n regverdige kans dat sy wel pregnant is met jou boyfriend se kind.

Hoekom is jy die een wat so worry of dit wel sy kind is of nie? Is dit nie iets waaraan hý eintlik aandag moet skenk nie?

Hy is immers die een wat seks met hierdie meisie gehad het en ’n paternity test sal wel kan bepaal of hy die pa is, of nie.

Waar dit jóú slegs raak, is wat jy nou omtrent hierdie vuilgat chea­ter-berk van jou gaan doen.

’n Rusie is geen rede vir hom om met ’n ander meisie te gaan slaap en haar swanger te maak nie.

Dinge tussen julle gaan nooit weer dieselfde wees nie, want daar is ’n ander meisie en ’n kind aan wie hy aandag sal moet gee. En waar los dit jou?

Jy was immers nie by nie en het tydens hierdie baby-making episodenie kers vasgehou nie.

Sal jy hierdie mansmens ooit weer kan trust? Is dit enigsins worth it om met hierdie verhouding voort te gaan?

Hierdie is die eintlike vrae waarmee jy moet worstel en voor antwoorde moet kry.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters