5 maande gelede
My oorle man se broer is nou my nuwe berk
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

MY HUBBY is ’n jaar oorlede en nou slaap sy broer saam met my.

Die broer is geskei en ek enjoy dit saam met hom.

Ek worry nie oor wat die familie gaan sê of dink nie.

Ek is 41 en hy is 42 jaar oud en gaan die lewe nie aan nie?

Vir wie moet ek wag?

Hy laat my jonk voel en ons praat oor alles. Hy laat my lag, sien Antie? – Weduwee, WhatsApp

Jy sê jy worry nie oor wat die fam gaan dink nie, maar tog pla dit jou, nè?

Kyk, jy weet hoe is die mense in ons communities: Daar gaan stories wees as hulle uitvind.

Stories soos dat julle lankal ’n ding aangehad het, selfs toe jou man nog gelewe het. Stories soos dat jou man maar nog bietjiedag dood is en sy broer het klaar iets aan met sy vrou.

Maar die lewe is kort. As hy jou happy maak en julle kan die punches vat wat julle kant toe gaan kom, kan Antie nie sien hoekom julle nie saam kan wees nie.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters