22 dae gelede
My moeë vrou dryf my na seks met jong vrou
Auntie Mona
Auntie Mona  ~ ~

Liewe Antie Mona

EK IS getroud, maar net op papier.

Als wat ek doen, is verkeerd in my vrou se oë en die cherry op die koek is hoe sy altyd na haar eks sal verwys en hoe hy dinge beter sou doen.

Ek het twee kids by my vrou en as dit nie vir hulle was nie, dan was ek lankal uit hierdie huwelik.

Ek het onlangs PE toe gegaan vir werk en toe hike daar ’n dame langs die pad.

Ek het gestop om haar ’n lift te gee en ons twee het dadelik gekliek.

Ek is nou al ’n jaar sonder seks, want my vrou is pal moeg. Of sy het die een of ander pyn. Daar is altyd ’n verskoning.

Ek en die dame het nommers uitgeruil nadat ek haar by haar huis afgelaai het. Ons het agterna toe begin chat.

Antie, ek is al uitgehonger vir seks. Die dame wat ek ’n lift gegee het, is 25 jaar jonger as ek.

Sy het ’n single ma wat werk en het my genooi om by haar te kom kuier as haar ma by die werk is.

Ek is lief vir seks, maar was nog nooit ontrou aan my vrou nie.

Ek weet as ek vir hierdie dame gaan kuier, dan gaan ek ontrou wees.

Wat stel Antie voor? – Deurmekaar, WhatsApp

Weet jy, as Antie jou brief lees, is daar verskriklik baie ooreenkomste met die briewe van ander mans wat in dieselfde bootjie as jy sit: ’n frustrerende huwelik waarin vroulief se optrede hulle sekslewe ’n stille dood laat sterf.

Seks is deel van die huwelik. Dis veronderstel om een van die lekkerste dele daarvan te wees.

Te dikwels is daar van Antie se Evas­geslag wat vroeg al die seks-lepel in die dak steek.

Daar kan verskeie redes hiervoor wees. Soms is die hormoon-trein vroeër as ’n Metrorail-trein en dit neuk dan met die seksdrang.

Sulke fisiologiese veranderinge en dalk selfs ’n mediese kwaal kan ’n rol speel.

Maar dan kry jy die vrou wat niks makeer nie en net plein suinig is vir afgee. Soos wat ek nou al gehoor het, bly hulle lus vir siek wees, maar nooit lus om die bed springs ’n bietjie te laat raas nie.

En dan is dit mans soos jy wat van seksuele frustrasie kwyn. Mans soos jy wat getrou wil bly, maar al boggel-boggel rondloop, so vol is daai rug van jou.

En dis nie mooi van sulke vroue om so met julle te maak nie.

As sy weer kla van ’n kleintoontjie wat kamma-likes onder krampe is of iets, vat charge en gaan entertain haar in die slaapkamer. Laat sy weer ’n bietjie onthou waarop sy haarself laat uitmis.

Vergeet daai jong “dame”.

Jy weet nie hoeveel lifts sy al met haar lyf betaal het nie.

Of dink jy jy is die enigste een wat sy na hulle huis invite as haar ma in die werk is?

Dit is glad nie die moeite werd om jou huwelik só in gevaar te plaas nie.

Maak jou mond oop teenoor jou vrou. Hou op om so in stilte te suffer.

Laat sy weet dat jy ná al die jare haar en haar lyf steeds sexy vind en begeer en met haar alleen binneboud wil lê.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters