16 dae gelede
My matriek-goose doen niks in die huis nie
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

WAT is fout met vandag se jeug?

Ek bly saam my goose en haar kind. Sy is in matriek hierdie jaar en doen absoluut niks in die huis nie.

Maak nie bed op nie, was nie skottelgoed of pak dit weg nie en lê tot wie weet hoe laat.

Ek het al met my goose daaroor gepraat, maar niks verander nie.

Ek weet nie hoe lank ek dit nog kan uithou nie. J van die Kaap

Hierdie het die potensiaal om groot wrywing tussen jou en jou girlfriend te veroorsaak as dit nie reg aangepak word nie.

Kinders van vandag moet mos met ’n style gevra word om te help met iets in en om die huis.

Wat belangrik is, is dat jy en jou meisie moet saamstem oor hoe om die situasie aan te pak.

Julle sal saam ’n skedule moet opstel waarvolgens elkeen van julle take het om te verrig, veral nou tydens die lockdown, terwyl daar mos nie skool is nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters