18 dae gelede
My man vertrou my nie met geldsake
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK WIL net weet – is dit normaal dat jou man met wie jy getroud is, self met sy geld werk en oral saamgaan wanneer inkopies gedoen moet word?

Is dit normaal dat jy as die vrou nie toegelaat word om op jou eie inkopies te gaan doen nie?

Is dit normaal wanneer jy as die vrou veel minder geld as hy verdien, dat hy jou aanhoudend daaraan herinner dat jy nie jou kant in die huishouding bring nie?

Maar ek weet ek doen ook my deel, veral met die kinders se benodigdhede.

Is daar nog mans daar buite wat hul vroue op die hande dra en vertrou om die huishouding te run? Hartseer Vrou

Nou hoekom dan met jou trou as hy veels te bewus is van sy “financial domination” in jul huwelik?

Hoekom het hy dan nie maar met sy bankbalans getrou nie?

Vrou, daar is meer as genoeg mans daar buite wat hul vroue bederf en nie hul wederhelfte aan rand en sent meet nie.

Jou man se beheptheid met sy pay slip kan jul huwelik uitmekaar skeur.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters