20 dae gelede
My man slaap naweke by suster in ons kerk
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS nog lief vir my eks. Sy het al ’n ander outjie, maar ek is steeds lief vir haar.

Ons kom al van jongs af aan en ek het haar verneuk.

Sy het daarvan geweet, maar my steeds kanse gegee omdat sy nog lief was vir my.

Sy was ook al swanger, maar het die baby verloor. Ons mors al 23 jaar, Antie.

Ek is steeds lief vir haar, maar haar ouers weet nie van ons twee nie.

Wat moet ek maak om haar terug te wen? – Steeds Verlief, WhatsApp

Jy sê julle twee “mors” al 23 jaar?

Dis juis hier waar jou probleem lê. Hoewel mors in baie communities ook daarna refer dat julle twee bymekaar is, mors jy eintlik maar rêrig hierdie meisie se lewe op.

Jy het rondgemors deur haar te verneuk en elke kans wat sy jou weer gegee het, het jy ook opgemors.

So, hoeveel kanse moet die lewe jou dan gee om jou morsige ways te los en by haar te wees?

Jou spyt het veels te laat gekom, want sy het aanbeweeg.

Dit is jammer dat sy haar baba verloor het, maar dit blyk vir die beste te wees, want Antie kry die idee jy sou haar alleen die kind laat grootmaak het.

Net soos wat R15 se airtime nie unlimited airtime beteken nie, net so kan jy nie kans ná kans in die lewe kry nie.

Respekteer die feit dat sy aanbeweeg het.

Move aan met jou lewe en laat hierdie vir jou ’n harde les wees.

Jy kan nie met mense se gevoelens mors en expect hulle moet jou elke keer vergewe en met ope arms terugverwelkom nie.

Liewe Antie Mona

EK IS 43 en my man is 49 jaar oud.

Ons is nou 10 jaar getroud. My man rook en drink nie.

Maar wat nou die afgelope twee jaar gebeur, is dat my man nie in die huis slaap nie.

Dan kom hy die die next day huis toe en as ek hom oor dit vra, dan stry ons en die hel is los in ons huis.

Ek het uitgevind hy vry met ’n vrou wat in ons kerk is en dit breek my.

Hy het weer dié naweek by haar geslaap, toe voel ek om myself dood te maak.

Wat moet ek doen, Antie? – Desperate Vrou, WhatsApp

Daar is nooit ’n verskoning vir jol nie, maar as jou man nie eens sy dade met drank kan probeer justify nie, wys dit net vir Antie watter stuk etter hy is.

Twee jaar lank al pomp hy iemand wat in dieselfde kerk as julle is. Bloednugter en onbeskaamd.

En dan is hý die een wat in die huis wil perform as jy hom daaroor konfronteer?

Sê gou vir Antie, het jou man ’n goue voël, of wat?

Moenie vir my kom sê, ja, but jy is lief vir hierdie etter nie.

Hierdie man verdien nie jou liefde nie. Hy trap op jou liefde elke liewe keer wanneer hy by die kerksuster gaan oorslaap.

Hy spoeg op die vows wat julle voor die aangesig van God afgelê het.

Hy het geen respek vir jou of jul huwelik nie.

So, hoekom liefde mors op ’n gemors wat dit clearly nie verdien nie?

Dis tyd dat jy die reality face, vrou: Hierdie huwelik bring jou niks in die sak nie. Dit bring jou net trane.

Ons lewe in die tyd van die nuwe normaal.

As daar één ding is wat hierdie corona-besigheid ons kom leer, is dat ons tyd hier op aarde bitter kort is.

Mense sterf deesdae blitsvinnig. Daar is nie eens meer tyd vir ordentlike goodbyes nie.

Wat Antie vir jou probeer sê, is dat jy baie meer protective behoort te wees oor jou tyd hier op aarde.

Dat jy moet besef dis nie vir jou nodig om hierdie man se sleggeit te entertain nie.

Dat jy moet besef jy verdien meer in die lewe as ’n jagse man wie se voël gereeld gaan swem in ’n skynheilige kerksuster se voëldam.

In 2020 kry ons plenty food for thought.

Wat jy nou moet begin besef, is dat daar nie net baie visse in die see is nie, maar ook baie voëls in Oudtshoorn. Dis tyd dat jy ophou kla en beheer oor jou situasie neem.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters