13 dae gelede
My man is die grootste prossie op die dorp
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS VN van die Oos-Kaap en is 20 jaar getroud.

My man werk drie maande weg van die huis af, maar as hy huis toe kom, is hy die grootste prossie in ons dorp.

Sy dinge kom al van 2014 af aan en ek het besluit om hom te skei.

Die hoermeide wat hy het, behoort almal aan getroude manne.

Hy doen sy eie kinders tekort om haar p**s te kan koop.

Ons skei kom egter nie klaar nie en sloer al 10 maande.

Ek het my kinders gesê hy is ’n abuser. Ek stel nie meer in hom belang nie. VN van die Oos-Kaap

Vrou, dit klink of jy behoorlik gatvol vir jou man se jol-streke is.

Jy het die volste reg om nie langer sy dinge te entertain nie.

Nie alle egskeidings is ’n walk in the park nie en ’n gesloer kan baie male voorkom. Antie hoop net dat jy en veral die kinders nie die onderspit delf in hierdie egskeiding nie.

Van jou taalgebruik kan Antie sien dat jy die hel in is, om dit sagkens te stel.

Maar hou in gedagte dat hierdie man steeds die kinders se pa is – maak nie saak hoeveel hoer-tjappies hy het nie – en dat die kinders nie aan die einde van die dag moet voel hulle moet nou tussen hulle ma en pa kies nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters