22 dae gelede
My man hou nie veel van werk nie
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

ANTIE, my man is next level as dit by werk kom.

Ons is hierdie jaar ag jaar getroud en in hierdie tyd het hy seker net twee jaar gewerk.

Ons het twee kinders en ek moet basically die pot alleen aan die kook hou.

Meneer is vol verskonings as dit by werk kom. Elke keer los hy ’n werk, want die mense met wie hy werk, is kamstig agteraf, beskinder hom of betaal hom te min.

Hy is met niks tevrede nie, maar ek moet tevrede wees met hom wat net by die huis wil lê.

Dan help hy nie eens om die huis aan die kant te maak nie.

Al is ek hóé moeg gewerk, moet ek nog saans kom kook en kom huis skoonmaak.

Ek is nie eens meer lus om met hom te slaap nie. Gatvol Vrou, WhatsApp

G’n huwelik is ’n hotel-reis nie en hoe gouer jy dit by jou man tuisbring, hoe beter.

Genade, die lewe is duur. Kinders is duur om groot te maak.

Jy kan nie vir jou in jou tjops werk terwyl hy soos watse lord op sy stert rus nie. Maak hom vir ’n slag sy kant bring.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters