9 dae gelede
My lover bly spog oor sy vrou lekker seks
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK JOL met ’n getroude man.

Maar ek het liefde vir hom en hy is lief vir my.

Wat ek nie kan hanteer nie, is dat hy my elke keer vertel hoe sy getroude vrou n***. So, ek wil by jou weet, wat moet ek maak? – B van E, WhatsApp

B, jy bly in ’n klein vissersdorpie waar daar nie veel gebeur nie.

Maar dit gee jou nogtans nie die reg om met ’n getroude man te jol nie.

Albei van julle behoort julle te skaam, maar ek twyfel of die seewater julle sal kan afwas.

Jy slaap by hom, wetend dat hy getroud is en dat jy in die klein dorpie waar julle bly, sy vrou ook ken. En nie net van sien nie.

Hy spog oor sy en sy vrou se sekslewe by jou, maar ál wat klou, is jy. Hierdie man het g’n respek vir sy huwelik, sy vrou of selfs vir jou nie.

Kweek vir ’n slag selfrespek, vrou, en kry vir jou ’n man wat nie reeds getroud of in ’n verhouding is nie.

Moenie vir my kom vertel dat die mans in jou dorp almal getroud is en dat daar g’n single mans daar buite is nie.

Slegtheid was nog nooit fashion nie. Jou reputasie gaan stink die dag as almal uitvind van jou dinge.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters