Verlede maand
My kinners is vrek lui en vrou vat hul kant
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK WAS lank gelede in ’n verhouding waaruit daar ’n kind gebore is.

Maar ek het die vrou gelos en met iemand anders getrou.

Ek was vir 15 jaar getroud en het toe later geskei, want my huwelik het vir my gevoel soos hel op aarde.

Ek en die eerste kind se ma het toe weer bymekaar uitgekom.

Sy het intussen ook ’n ander kind gehad van iemand anders, maar hierdie man was reeds dood toe ons reunite.

Ons is nou al 18 jaar saam en die twee dogters is die twee luiste meisiekinders wat ek al ooit gesien het.

Hulle is 28 en 33 jaar oud, en as ek met hulle oor hul luigeid praat, dan spring hul ma in en defend hulle.

Dan is ons vir ’n week kwaad vir mekaar.

Ek het al daaraan gedink om my goed te vat en te loop, maar ek is werkloos op die oomblik.

Naweke as die boyfriends kom kuier, moet die ma rondstaan vir kosmaak, terwyl haar dogters op hul gatte sit.

Hulle sal nie eens help om die huis skoon te maak of skottelgoed te was nie.

Ek is al so moedeloos. Ek het nog nooit ’n kind gesien wat so onbeskof is soos die een van my nie. En die ma stem met alles saam.

Ek is 55 en die vrou is 54 jaar oud. D van GW, WhatsApp

En hoekom dink jy voel daai meisiekind van jou so?

Ná ál die jare het sy jou klaarblyklik nooit vergewe oor jy haar ma nét so gelos het om haar alleen groot te maak nie.

En ná ál die suffering en opofferings kom jy jare later eers in haar lewe en wil nou pa kom speel en expect dat sy jou moet respekteer.

Dit nadat jy nie jou verantwoordelikhede jare gelede gerespekteer en nagekom het nie.

Dis hoe hierdie dogter van jou voel. Dinge sal nie verbeter totdat jy nie begin werk om ’n mate van ’n verhouding met jou kind te het nie.

Sy het nie opgegroei met jou in haar lewe nie. Sy het nooit die voorreg gehad om soos haar maatjies haar pa in haar lewe te het nie.

So, voordat jy ’n fit wil gooi oor hoe lui sy en haar suster is, sal dit baie help as jy aan maniere kan dink om ’n verhouding met jou kind op te bou.

Anders kan jy maar – nes jy in die verlede gemaak het – net jou goed vat en weggaan.

Maar, o ja, werkloosheid hou jou mos nou daar by hulle “gevange”.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters