20 dae gelede
My kind se pa change elke keer van adres
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS nou regtig gatvol vir my driejarige seuntjie se pa. Hy hardloop aanmekaar van sy posadres af weg.

Hierdie keer weet ek eerlikwaar nie meer wat om te doen nie.

Wat dink Antie staan my te doen? Raadop Ma, WhatsApp

Eers het hy gehardloop om jou panty-rek pap te kry.

Nou hardloop hy elke keer weg van sy responsibilities af.

Dis nou te laat, want die kind is klaar hier, al het hy nie gevra om hier te wees nie.

Maar vir die baie ander meisies daar buite: Vat note en kyk hoe kan ’n man met ’n poskantoor compete en kliphard probeer om van die map af te verdwyn.

Liefie, jou WhatsApp sê nie veel nie, so ek weet nie eens of jy hom al gaan aangee het vir non-support nie.

Indien nog nie, is dit hoog tyd dat jy jou naaste hof se maintenance-afdeling gaan besoek en die papgeld-bal aan die rol sit. Maak nie saak waar hy bly nie, hy kan deur middel van sy werksplek opgespoor word.

Die proses kan egter bitter lank vat, so jy sal baie geduld en vasberadenheid moet hê.

Dit is Antie se wens dat baie meer meisies eers die kat goed uit die boom kyk voordat hulle met ’n jong in die bed spring.

Maak eers seker van watter kaliber mens hy is, genade.

As baie jong meisies eers probeer uitfigure het wie en wat die ou is, sou dit baie die hartseer en drama gespaar het. Nou deal julle met ’n sleg jong wat nie sy eie vlees en bloed wil onderhou nie.

Baie mans daar buite staan heel eerste in die ry vir seks, maar laaste in daai selfde ry as dit kom by die consequences van daai potjie seks. Antie hoop jy kry daai ding opgespoor.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters