29 dae gelede
My huwelik is net hel
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS amper ses jaar getroud en ons het twee kinders.

Ek was baie lief vir my man, maar het nou genoeg gehad van sy streke.

Oral waar hy werk, besteel hy sy baas. Ek het al ’n paar keer gehoor hy klim ander mans ook op.

Eendag toe kom hy huis toe met ’n ander vrou se naam op sy hand getatoeëer. Ek het ook uitgevind hy is op drugs.

Hy belieg en besteel my, en wanneer daar niks is vir die kinders om te eet nie en die elektrisiteit is af, dan vra hy vir my wat hy aan die saak moet doen.

Ek het laas jaar ’n senu-ineenstorting gehad en was vir twee maande in die hospitaal.

Die dokters het gesê my toestand was weens te veel stres.

My ma, wat nou oorlede is, het vir my gesê ek moenie met hom trou nie, want sy kan sien hy is nie die man vir my nie.

Hy het my selfs aangerand toe ek swanger was met ons eerste kind.

Ek het toe ’n bleeding pregnancy gehad, maar danksy God is my dogtertjie vandag vyf jaar oud.

Ek het al by baie plekke hulp vir hom gesoek.

Ek het vir hom gesê ek is nie meer gelukkig nie, want ons lewe wil net nie regkom nie.

Ek voel nou ek wil skei. I van die Kaap

Genade, mens. Jy is mos met ’n verskriklike stuk ding getroud.

Antie mean maar, watter man rand die vrou aan wat sy vlees en bloed in haar dra?

Een ding wat jy moet erken, is dat jy dié man oor die jare heen te veel bederf het.

Genade, hy dra niks by tot die pot nie, maar sit dan ewe lekker aan. Waar pas dit?

Dit is nou met reg tyd dat jy ’n slag aan jou en die kinders se happiness dink.

Jy kan mos nou al klaar sien dié man wil nie verander nie en hy sal ook nie.

Niemand kan jou dus daarvoor blameer as jy al só gatvol is vir sy streke dat jy dié huwelik wil beëindig nie.

Hoeveel nervous breakdowns gaan dit vat voordat jy besef jy en die kinders verdien beter?

Doen wat jy oorweeg om te doen.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters