5 maande gelede
My hart bokspring as suster se man vir my smile
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK HET feelings vir my suster se man. Ek en G het uitgegaan voordat hy my suster ontmoet het.

In fact, ek was die een wat hulle twee aan mekaar voorgestel het.

Dit was vier jaar gelede en hulle is nou twee jaar getroud.

Ek het hulle vergewe vir wat hulle my aangedoen het en het gedog ek is oor hom.

Maar ek besef nou ek het nog feelings vir hom. Hy smile nog so skelmpies met my as ons oë meet en dan bokspring my hart.

Wat staan my te doen? Ek wil nie so vulnerable voel nie. Steeds Verlief, WhatsApp

Liefie, jou hart moet bokspring tot in die arms van ’n ander man.

Hy het jou met jou suster verneuk en die uiteinde daarvan is dat hulle vandag getroud is.

Jy was suppose om daarmee te deal – nie om weer te kwyl oor ’n man wat nou jou swaer is nie.

Antie weet ’n mens kan nie altyd jou feelings beheer nie, maar jy moet met jou verstand dink, en nie jou hart nie. Remind jouself aan die consequences van in iemand anders se huwelik mors.

En, besides, hoekom treur jy oor ’n jong wat op jou gecheat het?

Beweeg aan. Jy verdien geluk en liefde met iemand wat joune en joune alleen is.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters