Verlede maand
My ‘godvresende’ man is oop en bloot ontrou
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK HET nog nooit voorheen aan Antie geskryf nie.Ek is ’n jong, trotse getroude vrou en kan met alle eerlikheid sê ek was nog nooit ontrou nie. Ek is ’n vrou wat die Here vrees.

My grootste uitdaging is my man se phone. ’n Phone is iets goeds om te hê, maar as getroude man of vrou moet jy beheer oor jou selfoon kan hê.

Antie, my man sê hy dien die Here, maar hy dra geen vrugte wat pas by bekering nie. Wat ek nou vir Antie gaan sê, is goed wat ek nie gehoor het nie, maar met my eie oë gesien het.

Die onsedelike boodskappe tussen hom en ander vroue, die foto’s van sy onderlyf wat hy aan ’n sekere vrou gestuur en gesê het hy is weer lus vir haar ... Hy stuur ook voice notes aan ander vroue en ek kan in sy recordings hoor hoe hy afsprake met hulle maak.

Skei

Hy sê nooit hy is lief vir my nie, maar hy stuur ’n WhatsApp aan my suster waarin hy sê hy is lief vir haar. Hy weet sy het nie ’n man nie.

Rêrig, Antie, wie doen dít? Hy soek gedurig iets om oor te stry.

Hy is nie reg vir ’n huwelik of enige verhouding nie. Ek het skei ingesit.

Ek het baie met die Here hieroor gepraat. Ek weet nie waaruit my man se ontrou ontstaan het nie, want hy is dan ’n kind van die Here.

Ek het weer die skeisaak teruggetrek, want deur alles het ek besef ek is nog lief vir hom. Die gebed van my hart is dat hy die Here ’n opregte kans in sy lewe moet gee.– Anoniem, WhatsApp

Dit moet glad nie lekker wees om in ’n huwelik te wees waar jy bereid is om als in te sit, maar jou man doen alles moontlik om te jol nie.

’n Kind van die Here is jou man glad nie. Eintlik is hy besig om met godsdiens te speel en kan en wil nie besef hy gaan hierdeur sy vingers lelik verbrand nie.

So, hy stuur ’n boodskap aan ’n ander vrou waarin hy sê hy is weer lus vir haar? Dit kan mos net een ding beteken: Hierdie WhatsApp-affêre strek verder as net kaalstert-foto’s.

Antie verstaan die penarie waarin jy jou bevind. Jy is lief vir hom, maak nie saak hoe seer hy jou maak nie.

Hy het geen re­spek vir jou, jou gevoelens, julle huwelik of die vows wat julle afgelê het nie.

So behep is hy met jags wees dat hy selfs sy luck by jou eie suster try.

Wat sê dit? Dat jy getroud is met ’n man wat net homself en sy eie spulsgeid consider.

Die seer sal nie verdwyn en die huwelik sal nie werk solank hy met sy dinge besig is nie. As daar nie bereidwilligheid van sy kant af is om hierdie huwelik te red nie, stry jy ’n verlore stryd.

’n Huwelik werk nie net van een kant af nie. Liefde is nie ’n one-way-straat in Philippi nie.

Een of ander tyd sal jy moet besin of die liefde van jou kant die moeite werd is om jou elke keer so te laat verneder. Dit klink anyway vir Antie asof hierdie man van plan is om aan te hou met sy dinge totdat sy move eendag afvrot.

Moenie eers plak vasmaak die dag as hy jou met een of ander vleeslike siekte besmet het nie.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters