2 maande gelede
My girlfriend wil ons babatjie laat afmaak
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS baie bekommerd en hoop dat Antie my sal kan help.

Antie sien, daar is hierdie meisie vir wie ek baie lief is, nè?

Sy is nou pregnant en haar ma likes my soema nie meer nie omdat ek haar dogter swanger gemaak het.

Ek is bereid om vir my kind te staan, maar nou het haar ma haar options gegee.

Die een option is dat sy vir ’n aborsie moet gaan.

Die ander een is dat ons moet trou en saam moet intrek.

Ek het gesê ek wil graag die baba behou, maar die meisie hou niks van hierdie idee nie.

Antie, ek wil weet: Kan sy vir ’n aborsie gaan sonder my toestemming?

Gee raad, asseblief! – Bekommerd, WhatsApp

Sover Antie weet, hoef die biologiese pa nie consent te gee as dit by ’n aborsie kom nie.

’n Mens sal graag wil hê daar moet konsensus by alle betrokke partye wees oor die pad vorentoe, maar dié meisie kan op haar eie besluit wat met haar en die fetus gebeur.

’n Mens wil natuurlik ’n situasie vermy waar daar tougetrek word oor die issue.

Dít is waar julle as grootmense saam om ’n tafel moet gaan sit en besluit wat die beste opsie tot julle beskikking is.

Jy noem dat julle die ultimatum gegee is om te trou, maar wei nie juis uit oor hoe jy daaroor voel nie.

Verder sê jy ook nie hoe oud die meisie is sodat haar ma so ’n belangrike besluit namens haar kan neem nie.

Vir my klink dit asof hierdie meisie se mind opgemaak is, tensy jy die commitment kan maak om met haar te trou.

Dit op sigself is nie noodwendig die beste keuse nie, want as dit by trou kom, moet ’n couple kansel toe stap omdat hulle die res van hulle lewe saam wil spend.

Dit moenie wees omdat ’n baba hulle tot daai stap dwing nie.

Daar kan later van tyd so baie complications kop uitsteek, soos dat een van julle kan voel julle is geforce om te trou.

Hierdie is nou nie die tyd vir kwaadrakens nie.

Julle sal soos volwassenes die kwessie moet aanraak, daaroor moet praat en saam besluit wat in die beste belang vir almal is – insluitend die ongebore baba.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters