2 maande gelede
My gevrekte vroutjie sê sy is nie ’n jintoe
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK SIEN mans skryf gereeld aan Antie oor hulle slaapkamerprobleme en ek moet sê hulle oordryf nie.

Ek is ook met só ’n slaapkamer-zombie getroud, al sewe jaar.

Ná ons tweede kind se geboorte het dinge van bad to worse gegaan.

Ek weet seks is nie alles in ’n huwelik nie, maar genade, ’n man is mos nie ’n klip nie. Dis nie asof ek ’n mini-voël het waarmee ek nie my vrou kan satisfy nie.

Jare lank gaan ek al uit my pad om my vrou in die bed te bevredig. Ek try alles en sit effort in om haar ’n goeie tyd te gee.

Maar niggie lê net daar. Maak nie eens ’n geluid nie. Ek moet soms kyk of sy nie slaap nie. Ek het al die issue aangeroer en met haar hieroor probeer praat. Fout.

Sy het amper my kop afgebyt en het gesê sy is nie ’n jintoe nie en as ek lewendiger seks wil hê, dan moet ek dit maar in Voortrekkerweg gaan soek.

Horing

Haar reaksie het my geskok, want sy het dit laat klink asof ek ’n hoer van haar wil maak. Ek soek net passie in die bed, meer deelname van haar. Is dit te veel gevra?

As ek saans by die huis kom, gaap sy al. Saans as ons gaan slaap, snork sy binne vyf minute. Dan lê ek daar met ’n stokstywe horing waarmee ek moet slaap.

Voor ons vriende en familie wil sy voorgee ons is die perfekte couple. Ek moet maar saam pretend, maar diep in my hart is ek ongelukkig.

Om te cheat is nie op my mind nie. Ek is lief vir my vrou, maar kan nie verstaan hoekom sy so ’n koue klip moet wees nie. – Moedelose Man, WhatsApp

Jou WhatsApp drup van frustrasie. Jy is reg as jy sê seks is nie alles in ’n huwelik nie, maar die intieme sy van ’n huwelik is tog ook important.

Dis die een oomblik waar julle kan bond en julle alles met mekaar kan deel.

Ongelukkig plak society te dikwels ’n dik laag konserwatisme om baie van ons vroue. Baie van ons voel dat seks ’n plig is, iets wat jy moet doen om jou man se rug leeg te maak, want anders gaan loer hy op ’n ander plek.

Seks is nie ’n taak wat van ’n lysie afgetick moet word nie. Dit behoort ’n spesiale oomblik tussen jou en jou man te wees. Iets waaruit julle albei genot behoort te put.

Dis tyd om oor te gaan na aksie. Romance haar weer soos aan die begin toe julle gedate het.

Haal al haar verskonings uit die pad. Help met die skottelgoed, help met die kinders, help om haar takies ligter te maak sodat sy nie meer verskonings van moegheid kan hê nie. Laat haar sexy voel. Laat sy weet jy smaak haar met ’n seer hart en jy vind haar steeds onweerstaanbaar.

Hopelik skrik die luiheid in haar wakker en besef sy watter goud sy in jou het. Daar is baie vroue daar buite wat wag om hulle kloue in getroude mans soos jy te slaan. Dit is tyd dat jou vrou wakker skrik.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters