21 dae gelede
My getroude eks soek nog steeds vrystukkies
Auntie Mona
Auntie Mona~  ~ ~

Liewe Antie Mona

MY EKS-BOYFRIEND is getroud, maar hy kom nog gereeld vir my kuier. Dan wil hy vry met my.

Ek weet nie meer wat om te doen nie. Gee raad, asseblief.– Deurmekaar Eks, WhatsApp

Vir ’n getroude man het hierdie eks van jou te veel vrye tyd op hande. Wat is sy storie? Hy het mos sy choice gemaak.

Hy kon met jou getroud gewees het, maar het toe besluit om met iemand anders te trou. En nou moet jy met ’n ander vrou se scraps tevrede wees.

Antie is seker jy wil nie as ’n huwelik-opbreker bekend staan nie.

So, kry jou uit hierdie jol-water.

As hy hom weer so vryerig hou, dan sê jy jy gaan vir sy vrou sê.

Hopelik kry hy die boodskap en bly vir goed weg. Tensy jy die aandag geniet?

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters