7 maande gelede
My getroude berk is bang vir seerkry
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

MY OU het twee kinders.

Hy en sy vrou is nou al vier jaar uitmekaar, maar is steeds nie geskei nie. Ons is lief vir mekaar.

Voor my het hy al ander meisies gehad.

Dinge tussen hulle het nie uitgewerk nie en hy het gesê hy wil nie weer seerkry nie.

Doen ek die regte ding om in hierdie verhouding te wees?

My boyfriend wil nie eens hê ek moet met ander mense chat nie. Hy dink die hele tyd ek gaan hom seermaak, maar ek sal dit nie doen nie.

Ons bly nog by sy ouers. Hy het daarop aangedring dat ek my werk los. – A van E, WhatsApp

Ai, vrou, hierdie man het jou geforce om jou werk te los sodat hy jou 24/7 kan oppas. Dit gaan nie oor hy wat in die verlede seergekry het nie. Hy is besitlik – finish en klaar.

Antie sou reken dis dié einste besitlikheid wat heel waarskynlik die einde van die vorige verhoudings beteken het.

Onthou, daar is altyd twee kante wanneer ’n verhouding verbrokkel. Hoe kon dit net die ander partye se skuld gewees het en sy boekies is skoon?

Moenie dat hierdie man jou nie van almal alienate nie. Maak asseblief jou oë oop.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters