2 maande gelede
My getroude baas maak my bene elke dag lam
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

DIT is die eerste keer dat ek aan Antie skryf en ek hoop u kan my help.

Ek probeer al maande dink aan ’n uitweg, maar my kop is al suf gedink.

Ek is D van B, 39 jaar oud en het twee kinders. Ek en hulle pa is nie meer saam nie. Die ding kon nie sy voël in sy broek hou nie en ek was nie lus vir die siektes wat daar buite loop nie.

Ek het gesê hy moet kies: ons of die pubs in Stikland waar hy so uitgehang het.

Hy het die pubs gekies (en die los, desperate vroue wat daar uithang) en ons het toe geskei.

Dit is drie jaar gelede en ná my egskeiding was ek anderkant verbitterd. Ek het net geleef vir my kinders en my werk.

My vriendinne het my altyd genooi om saam met hulle uit te gaan, maar omdat ek altyd nee gesê het, het hulle later opgehou nooi.

So, ek sou maar by die huis sit en naweke ’n boek lees of ’n series op my laptop kyk.

Tot Mister K as my direkte hoof na my afdeling geskuif is ...

As ek net aan Mister K dink, dan raak my bene vanself lam.

Hy is ’n droom van ’n man, Antie, en ek kan nie verstaan hoekom ek so laf agter hom aan is nie, want die man is dan getroud.

Op sy lessenaar is hierdie pragtige foto van hom en sy gesin en hulle lyk gelukkig.

Maar daar is ’n vibe tussen my en Mister K. Ek weet dit. En ek weet dit is nie my verbeelding nie.

Ek sal net voel hy kyk na my en as ek opkyk, dan ontmoet ons oë. Ons staar dan ’n lelike ruk na mekaar en kyk net weg as ’n telefoon begin lui of so.

Hy het nog nie ’n move gemaak nie, maar ek ken myself. Ek sal vir hom val.

Maar aan die anderkant weet ek ook hy is getroud en ek wil nie ’n simpel ding aanvang nie. Wat is verkeerd met my? Ek is mos nie ’n huweliksopbreker nie. – D van B, via WhatsApp

Diep binne jou weet jy dat hierdie staring contest tussen jy en Mister K op soveel levels verkeerd is.

Juis omdat hy ’n getroude man is, maar ook omdat jy al aan die ontvangkant van jol was en weet hoe diep dit jou kan seermaak en verneder. So, jy weet goed hoe sy vrou sal voel sou daar ooit iets tussen julle moes gebeur.

Dis tyd dat jy ’n bietjie saam met jou vriendinne uitgaan. Daar is nog meer as genoeg single en ordentlike mans daar buite.

Jy sal nie van hulle bestaan weet as jy nie ’n slag uitgaan en ophou na ’n getroude man staar nie.

Maybe is daai sy manier van vroue boul: om na hulle te staar tot hulle panty se rek pap word.

Moenie dat daar na jou gestaar word asof jy iets is wat op special is nie.

Hou jou besig met jou werk en bou aan jou social life. Jy skeep jouself mos nou al jare af.

Gaan geniet die lewe daar buite en hopelik sal jy ’n ou ontmoet na wie jy kan staar sonder om op te merk dat hy ’n trouring dra.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters