21 dae gelede
My eks praat sleg van my by nuwe outjie
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS Dame J van Tulbagh en my outjie is B van dieselfde dorp.

Antie, B behandel my baie anders as in die begin.

Ek het nie kinders van B nie, maar ons bly saam.

Hy praat lelik met my en laat my baie ongelukkig voel.

Ek het nou so twee maande gelede ’n ander ou ontmoet en ek is mal oor hom. Ek weet nie hoe hy oor my voel nie en het B van hierdie ou vertel.

B het my toe baie sleggemaak en ek kan nie meer nie. – Dame J, WhatsApp

Dan moet jy trek, hartjie. Wat is die point om saam met iemand te bly wat duidelik g’n liefde en respek vir jou het nie?

Of het jy gehoop deur B met die ander outjie jaloers te maak, gaan hy dalk verander?

Antie het nuus vir jou: etter sal altyd etter bly. Kry jou uit hierdie saambly-verhouding en begin eers jouself weer te consider voor jy even daaraan dink om sommer weer in ’n ander verhouding in te spring.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters