15 dae gelede
My eks pers my af met kaalfoto’s van myself
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK SIT al geruime tyd al met die probleem van my eks wat my blackmail.

Hy doen dit elke keer sodat ek hom moet terugvat.

Die eerste keer het hy my geblackmail met die feit dat ek verkrag is. Hy het dit teen my gehou omdat ek nie ’n saak wou maak nie.

Vandag wens ek ek het – en dit is meer as ’n jaar later.

Die tweede keer was dit met die aborsie wat ek gehad het.

Hy het gestry dat dit nie sy kind is nie en dat dit my rapist s’n is.

Dit het baie seergemaak en dis waarom ek die aborsie gedoen het.

Maar voordat ek dit gedoen het, het ek uitgevind dat dit wél my eks se kind was.

My swangerskap het hom in ’n dilemma geplaas, want hy werk nie en maak staat op sy ouers. Hy is op drugs.

Op die oomblik pers hy my af met kaalfoto’s. Hy verkoop hierdie kaalfoto’s van my.

Maar Antie, met al die goed wat hy teen my gedoen het, wil hy my steeds terughê.

Hy hou nie op totdat hy my terugkry nie.

Hy stuur vir my familie lelike boodskappe en kaal­foto’s van my sodat ek nêrens heen kan gaan nie.

Dan het ek nie ’n ander keuse as om maar terug na hom te gaan nie. Dít nadat hy my so verneder het. Antie, ek is moedeloos, want ek weet nie wat om te doen om myself uit dié situasie te kry nie.

Elke keer as ek terug na hom gaan, verloor ek ’n stukkie van myself.

Hy mishandel my op ’n verskillende manier.

Hy hou dik, want hy weet ek hou nie daarvan om ’n victim te wees nie. – Moedeloos, Whats­App

Wat ’n etter van ’n eks!

Liefie, Antie is so jammer vir al hierdie trauma en drama wat jy in jou lewe moet deurmaak.

Die goeie nuus is dat jy glad nie hierdie siek madness van jou eks hoef te entertain nie.

Afpersing is ’n crime. So ook die verspreiding van sexts en ander pornografiese materiaal.

Hierdie is ernstige klagte wat hom diep in die tronk kan laat beland – waar hy hoort, as jy my vra.

Hierdie ding is nie lief vir jou nie. Hy is lief om jou te kasty, af te breek en te verneder.

En verder is hy lief om homself sif te drug en op sy ouers se nekke te lê.

Antie is seker dat jy ál hierdie bewyse van afpersing het. Gaan lê ’n klag by die polisie. Laat die gereg vir ’n slag met sy useless gal werk.

En gepraat van die gereg: Jy kan steeds jou verkragtingsaak gaan lê. Daar is, sover Antie weet, geen time frame wat die lê van ’n verkragtingsaak betref nie.

Selfs ander seksueel verwante crimes kan tot ’n periode van 20 jaar ná die voorval steeds aanhangig gemaak en ondersoek word.

Dit kan dalk moeilik wees om jou saak te bewys, maar die goeie oorwin altyd die bose.

Antie glo dat geregtigheid sal seëvier, maak nie saak hoeveel tyd verby gegaan het nie.

Jy verdien geluk. Alle geluk wat jou beskore is. Gee jouself daardie kans tot geluk deur vir once and for all hierdie eks van jou in sy veragtelike spore te stuit. Soos jy self sê, jy is nie ’n victim nie!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters