20 dae gelede
My eks aanvaar nie ek het al aanbeweeg nie
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK HET onlangs ’n outjie ontmoet.

Hy was nice en hy het my aanvaar net soos ek is.

’n Paar dae later het ek egter uitgevind hy verneuk my en ek het dinge met hom beëindig.

Ek het aanvaar dat hy dit so wil hê en my gaan uitlos.

Ek het ’n ander outjie ontmoet en baie lief geraak vir hom.

Hy is ook lief vir my, aanvaar my soos ek is en judge my nie.

Noudat ek nuwe liefde gevind het, lyk dit dan nou vir my my eks kan nie aanvaar dat ek aan­beweeg het nie.

Hy dreig nou dat hy my lewe hel gaan maak.

Maar ek vrees hom nie, want ek het God aan my kant en ek is ’n sterker mens as wat hy dink.

Ek wil net al die dames waarsku dat hulle nie moet toelaat dat outjies hul kop ompraat nie.

Hulle belowe jou net dinge, but guess what? Hulle kan nie hul beloftes nakom nie. Meisie, WhatsApp

Antie se wens is dat jy hierdie raad wat jy aan ander meisies uitdeel, self ter harte sal neem.

Al hierdie outjies is darem veels te onlangs in jou lewe, meisa.

Wat, vat jy dan nie eens in ’n break tussen verhoudings om asem te skep en ’n slag aan net jouself te dink nie?

Anyway, jy weet seker waarheen hierdie gejaag van jou op pad is.

Daai eks het g’n reg om jou lewe hel te maak nie.

As hy nie wil hoor nie, moet jy die gereg allow om met sy gal te werk.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters