13 dae gelede
My eerste boyfriend is 'n getroude man
Auntie Mona
Auntie Mona  ~ ~

Liewe Antie Mona

EK IS nou ’n jaar lank deurmekaar met K, wat ’n getroude man is.

Dinge tussen hom en sy vrou is nie lekker nie en ek is baie eensaam.

Hy kom na my huis en gaan saam my family uit.

Ek weet nie of ek hierdie man moet los nie. Ek try my bes, maar dit lyk nie of ons van mekaar kan wegbly nie.

Nie een van my familielede weet hy is getroud nie. Dit gaan ’n nightmare vir my ouers wees en hulle gaan my doodmaak as hulle uitvind.

Hy is my eerste boy­friend en ons albei is grootmense. Hoe maak ek? – R van C, WhatsApp

Haai, en omdat dinge tussen hom en sy vrou nie lekker is nie en jy eensaam is, is dit nou oukei vir julle twee om so aan te gaan?

Natuurlik is dinge nie lekker tussen hom en sy vrou nie. Hy hoer dan rond.

Mense wat eensaam is, kry gewoonlik ’n stokperdjie en wend efforts aan om ander mense te ontmoet. Nie om ander vroue se man af te vry nie.

En dan doen jy nog hierdie dinge onder jou ouers se neuse, wetend dat hulle ’n fit gaan kry as hulle die dag hiervan uitvind.

Meisa, single mans is nog nie so skaars soos hoendertande nie.

Daar is meer as genoeg mans daar buite wat nie met ’n geringde voël rondloop nie.

Kry jou uit hierdie verhouding voor die dinges spat en alles vir jou uitmekaarval.

Geluk is nog nooit op ander se ongeluk gebou nie. Jy tender vir goed wat kon gebly het.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters