Liewe Antie Mona
MY KÊREL is vir seks sommer baie lief. Só lief, ek kan nie meer byhou nie.
Ek wil ook nie vir hom nee sê nie, want anders verdink hy my daarvan dat ek cheat. – Bekommerd
Jy is beslis nie jou outjie se sex app nie.
Hy het nou al alles op die menu gesample, maar daar is nog nie eens ’n ring aan jou vinger nie.
Niemand kan jou dwing om iets teen jou wil te doen nie.
So, dis tyd dat jy hom sê hoe jy hieroor voel.
Jy sal dan sommer ook uitvind of hy net saam met jou is vir lyf plesier.