9 dae gelede
My berk is dalk besig om my weer te verneuk
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS 22 en my boy­friend 28.

Ons het al twee jaar ’n verhouding en bly al ’n jaar saam.

Ek is baie lief vir hom en wil hom nie verloor nie, maar ek het ’n probleem: Hy het my voorheen met twee ander dames geplay.

Ek hom vergewe, maar hy het my trust verloor.

Antie, ek begin hom stadig maar seker trust. Soms hardloop my gedagtes in my kop rond en end ek op om myself vrae te vra.

Hy is baie geheimsinnig. Dit was nie voorheen so nie.

Lately spandeer hy meer tyd op sy phone as saam met my. Wanneer hy chat en ek sit langs hom, draai hy sy phone dat ek nie kan sien nie.

Hy het ’n pin op sy foon. Ek ook, maar hy ken my pin. Ek ken nie syne nie.

Eendag het ek uitgevind hy chat nog met die een girl by wie hy geslaap het.

Dít nadat hy vir my gesê het hy het haar geblok.

Toe ek hom confront, spring hy in my keel af.

Ek weet nie meer wat om te doen nie. – via WhatsApp

Ek dink jou geval is so obvious soos ’n Lunch Bar: Dié man play jou nog steeds.

Hoe anders sal jy sy secrecy en gechat met iemand by wie hy voorheen geslaap het, please­ explain?

Jy is nie ’n toy nie en Antie kan seker ook maar assume jy het nie in die Toy Story movies gespeel nie.

Moenie dat hierdie man jou so vir ’n pop vat nie.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters