4 maande gelede
My baby daddy jol met my vriendin
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK EN my boyfriend was drie jaar gelukkig saam.Maar toe vertel my stiefpa my van my berk en my vriendin. Ek wou dit eers nie glo nie, maar my vriendin het een Saterdagoggend erken hulle twee het ’n ding aan.

Ek het met my boyfriend en vriendin hieroor gepraat. Hy wou eers stry, maar sy het by haar storie gehou.

Antie, ek is nou swanger van hom. Gee raad, asseblief. Deurmekaar Meisie, Whats­App

Liefie, jy sê nie hoe lank hulle twee die ding aangehad het en of jy en jou ou nog saam is nie.

Om dinge verder te compli­cate, is jy nou pregnant van die ding. Jou vriendin se gewete het haar natuurlik so gepla dat sy nie langer hieroor kon stilbly nie, maar dit sê nie jy moet nou dankbaar wees oor haar delayed honesty nie.

Dalk het sy gehoop deur oop kaarte te speel, gaan jy en die ou opbreek en dan het sy hom net vir haarself.

Hoe dit ook al sy, Antie hoop jy het jou vriendskap met haar verbreek, want ’n girl het regtig nie vriendinne soos daai nodig in die lewe nie.

Is jy en die ou nog saam? Het julle besluit om deur hierdie issue te werk? Het jy hom vergewe?

En hoe nou gemaak met die baba wat op pad is? Sien jy regtig kans om ’n kind te hê van ’n jong wat jou so gruwelik verneuk het?

Jou lewe gaan nou drasties verander. Daar wag nie ’n maklike pad op jou nie.

Antie kan nie anders as om somtyds te wonder of voorbehoeding dan net vir die show beskikbaar is nie.

Ek kan net hoop dat jou berk ter wille van julle baby sy jol-kondome gaan ophang.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters