6 maande gelede
My abusive pa wil nou met my slaap vir R20
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS 25 jaar oud en dien die Here, maar het lanklaas met Hom gepraat.

Ek woon saam my pa. My ma is nou so drie jaar gelede oorlede.

Ná my ma se sterfte het my pa baie abusive geraak en begin om my aan te rand.

Ek het die polisie gebel om hom te waarsku en dit was vir ’n ruk lank oukei.

Maar ’n tyd later het hy weer begin om my blou-oog te slaan en het hom glad nie gesteur aan die interdikte wat ek teen hom gekry het nie.

Ek was een aand ná werk so moeg dat ek sommer met klere en al op my bed aan die slaap geraak het.

Nadat ek al ’n tyd lank ingesluimer het, kom ruk my pa die beddegoed van my af en sê ek gaan nie in my kamer slaap nie, ek moet in sy bed kom slaap.

Ek het die cops gebel en hulle met trane in my oë my storie vertel, maar hulle het gesê hulle kan niks aan die saak doen nie.

Toe ek hulle vra wat hul rede was, het hulle gesê my pa is te oud.

Ek kon daai aand nie ’n oog toemaak nie. Die volgende oggend, toe hy nugter is, gee hy my R20. Toe ek vra wat ek 05:00 die oggend met R20 moet maak, sê hy hy wil saam my slaap.

Ek het vir hom gesê hy moenie vir hom mal kom hou nie.

Ek moet nou besluit of ek hom in die tronk moet sit of nie.

Antie, ek wil nie heeltyd so ongelukkig leef nie.

Ek is lief vir my pa en kry hom jammer, want hy was nie altyd so ’n mens nie.

Wat moet ek doen? Desperate Dogter

Te oud vir poliesvên ry, maar glad nie te oud om hom spuls te wil staan en hou met sy eie kind nie?

Antie is verstom oor die response wat jy gekry het van mense wat die law moet uphold.

Die abuse teen vroue en kinders sal nooit end kry nie, want jy sit met sulke wetstoepassers wat victims basies vir die wolwe gooi.

Liefie, jy behoort daai cops se stasiebevelvoerder te gaan sien en die situasie aan hom/haar verduidelik. Daar moet so gou moontlik teen dié cops opgetree word.

En nét so gou moontlik moet jy vir jou ander blyplek kry.

Onder lockdown is dit ekstra- moeilik, maar jou naaste polisiestasie behoort in kontak te wees met ’n victim support-eenheid wat jou uit daai omstandighede kan red.

Dis net ’n kwessie van tyd voordat jou pa sy siek kloue in jou slaan. Vlug voordat dit te laat is.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters