Verlede maand
Moenie vir liegstories en unprotected seks val nie
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK HET ’n outjie gehad wat my baie seer gemaak het.

Ons het saamgebly en hy het my swanger gemaak.

Maar toe los hy my net so met ons kind.

Wat moet ek maak? – C van S

Ai, liefie.

Dié goed gebeur as jy vir ’n mansmens se liegstories val en dan unprotected seks met hom het.

Nou sit jy nie met gebakte pere nie, maar met ’n kind, wat ’n lifelong verantwoordelikheid is.

Dit is jammer dat dié man g’n benul van vaderskap het nie, maar dit is hier waar jy seker moet maak dat die maintenance-hof hom aan sy responsibilities herinner.

Kyk in die vervolg asseblief die kat goed uit ’n hele paar bome.

Moenie sommer val vir al wat ’n liegstorie is van ’n man nie.

Hy wil net jou panty-rek pap maak, jou swanger maak en dan die hasepad kies.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters