9 dae gelede
Verneuker sê vigs sal vroulief se eie skuld wees
 ~ 

Liewe Antie Mona

Ek is van PE en ek en my man is al 14 jaar saam.

Maar ek was nog nooit rêrig happy nie.

Wanneer ons na sy mense gaan, is daar geen bakleiery nie.

Maar wanneer ons na mý mense gaan ... jô, dan is die hel los.

Ons het al baie baklei in die verlede. Hy het al my oë toegeslaan.

Hy het nie met my oorlede pa oor die weg gekom nie en kom nóú nog nie met my broers oor die weg nie.

Hy cheat op my en sê as ek vigs gaan kry, dan gaan dit my eie skuld wees, want ek trek uit die huis uit.

Ek sal hom terugantwoord, maar is terselfdertyd vrek bang vir hom.

Ek besef elke dag hy is nie lief vir my nie.

Ek weet nie wat ek vir hom voel nie, maar wat ek wel weet, is dat dit nie liefde is nie.

Ek wil net hê ons moet op ’n mooi manier uiteen gaan, maar hy wil violent wees.

Ek worry nie oor die huis nie. Ek wil net by my kinders wees.

Antie, ek is moeg om te hoor watse n**ier ek is.

Ja, ek het al foute in my lewe gemaak, maar nie in die tyd dat ons saam is nie.

Ek voel so leeg en dit is so goed om my hart uit te praat.

Ek besef deur my lewe te vat, gaan ek ’n onreg aan my kinders doen, want hulle het my nodig. via WhatsApp

Selfmoord is nie ’n opsie nie. Daar stem Antie 100% met jou saam.

Jy het nog veels te veel om voor te lewe, en jou kinders is meer as genoeg motivering om daar te wees vir hulle.

Ongelukkig wil hierdie man nie op goeie voet uiteen gaan nie en daar is niks wat jy daaraan kan doen nie.

Maar jy moet jou en die kinders so gou moontlik daar wegvat, voordat hy iets drasties doen.

Dit is nie nodig vir jou om sy persoonlike slaansak te wees nie.

En as hy wil dik hou, dan haal jy ’n beskermingsbevel teen hom uit.

Die dae dat jy sy slaansak moet wees, is long gone.

Jy en jou kinders verdien geluk. Kom daar weg!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters