14 dae gelede
Moedeloos oor jaloerse berk
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK HET ’n kêrel. Hy is van A en baie jaloers.

Ek mag nie rondloop nie; ek mag net saam met hom stap.

Ek mag ook nie op Facebook gaan nie, want dan moet ek hoor my oë dwaal.

Ek is baie lief vir hom. Ons gaan nou amper drie jaar uit, maar hy kan my nou eenmaal nie vertrou nie.

Dit voel vir my hy twyfel aan my liefde.

Ek is bitter baie lief vir hom. Ek het nou als probeer om aan hom te bewys hy is die een vir my en dat ek niemand bo hom sal verkies nie.

Ek voel moedeloos. Regtig, ek weet nie meer watter kant toe nie. – via Whats­App

Meisa, jy is nie hierdie mannetjie se besitting nie.

En jy hoef jou liefde definitief nie oor en oor aan hom te bewys nie.

As dinge nou al ’n hele paar jaar so aangaan, is die kans ongelukkig skraal dat die outjie gaan change.

Jy kan nie jou lewe onder hierdie man se vergrootglas lewe nie.

Hoekom is hy so jaloers? Is dit dalk omdat hy self agter die deur staan?

Dis tyd dat jy uitvind wat agter sy gedrag skuil.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters