10 dae gelede
Moedeloos oor jagse vriendin
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

Ek lees elke dag Antie se raad.

Ek soek ook vandag raad, want ek is baie moedeloos.

Antie, ek het ’n vriendin wat agter my man is. Sy woon in ons straat.

Sy flirt met my man, en vir my lyk dit of hy daarvan bewus is. Antie, sy weet ook om haar nou mooi aan te trek vir hom, maar ek het lankal ’n gevoel gekry dat sy hom smaak.

Ek sit nou nog met hierdie gevoel wat my nie wil los nie.

As hulle twee saam is in my teenwoordigheid, dan weet hulle nie hoe om dit te hanteer nie.

Sy is met ’n lieflike man getroud.

Wanneer ek my man vra of hy ’n gevoel vir haar het, dan se hy “nee”, maar as hy ’n naam moet noem, dan noem hy haar naam.

As my man van die werk af kom, dan is sy die hele tyd op en af sodat hy haar moet sien.

Antie, sy is ’n probleem vir my, maar ek kan nie vir haar vra of sy agter my man is nie, want ek hoor al wat sy gaan sê: “Is jy mal? Ek is dan getroud.”

Al my vriende let dit nou op, sowel as my familie.

Antie moet my asseblief goeie raad gee, want dit laat my nou voel om eerder te skei.

My kinders ly ook daaronder. Ek het drie groot kinders. – Anoniem van Wes-Kaap

Is sy regtig jou vriendin as sy so by jou man aanlê? Ek dink jy is reg as jy ’n stink rot ruik.

Maar dis darem nog nie nodig om te skei nie – daar het mos nog niks gebeur wat jou tot ’n drastiese stap dryf nie.

Verbreek alle kontak met die “vriendin”.

Sê vir haar reguit jy soek haar nie meer naby jou familie nie en sê ook vir jou man dat julle nie meer met haar vriende is nie.

Dit sal moeilikheid en ongemak veroorsaak, maar jy moet dit doen om jou huwelik te red.

Liewe Antie Mona

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters