2 maande gelede
Mevrou mis foon-skelmpie
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS amper sewe jaar getroud en het vier kinders.

My man weet ek het hom die afgelope drie jaar net as ’n vriend lief.

Ek het ’n paar maande gelede iemand ontmoet terwyl my huwelik deur ’n moeilike tyd gegaan het. Hy is nie van dieselfde dorp as ek nie.

Hy het my baie ondersteun en my weer hoop gegee vir die lewe. Tot twee weke gelede het hy nog ’n boodskap gestuur dat hy op pad was huis toe van die werk af.

Daarna kon ek nog nie weer met hom kontak maak nie.

Die hartseerste van die hele storie is dat ek smoorverlief op hom geraak het. Al het ons nog nie ontmoet nie.

My hele lewe het rondom hom begin draai. Ek kan nie my dag begin sonder om met hom te praat nie. Ek kan nie gaan slaap sonder dat ons gepraat het nie.

Ons het planne gemaak om mekaar te ontmoet, maar elke keer het ek dit uitgestel.

Ek kan hom nie vergeet nie en mis hom elke dag meer en meer. As ek net met hom kan praat en vra wat verkeerd gegaan het.

As hy iemand anders ontmoet het, sal ek dit aanvaar en gun ek hom dit.

Maar wat ek graag wil weet, is hoekom hy net stil geraak het.

Wat as hy dood of in ’n tronk is? Enige iets is moontlik.

Sy foon gaan direk oor na voicemail toe. Ek het al gevoel om iemand te huur, maar ek het geen adres van hom nie – ek ken net sy dorp se naam en sy selnommer. Verliefde Vrou, WhatsApp

In hierdie situasie kry ek jou arme man en kinders bitter, bitter jammer.

Dit moet ’n absolute foltering vir veral jou man wees om te sien hoeveel energie en emosies jy uitstort op ’n wildvreemdeling wat jy nog nie eens ontmoet het nie.

Iemand wat heel waarskynlik self getroud is en koue voete gekry het toe jy veels te sterk gevoelens na sy sin vir hom ontwikkel het.

Wat is die kanse dat hierdie man bereid sal wees om ’n ander man se vier kinders groot te maak?

Liefie, ek vermoed hierdie man het met jou gespeel. As ek jy is, gebruik ek eerder al hierdie energie om my huwelik te red.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
5 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters