14 dae gelede
Meisie wil nie hê berk moet vriende hê nie
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS E van Mitchells Plain. Ek gaan uit met T van Malmesbury.

Antie, ons twee stry verskriklik baie.

Ek wil nie hê hy moet vriende hê nie, want ek het nie vriende nie.

As hy by sy vriende is, rook hy ganja en drink wyn.

Dan stry ons daaroor. Gee vir my raad, asseblief, Antie. E van Mitchells Plain, WhatsApp

So, net omdat jy nie vriende het nie, mag hy ook nie tjommies hê nie?

Waar pas dit, meisa?

Moet hy dan maar daar in Malmesbury all by himself sit en wag totdat jy gaan kuier?

Kyk, Antie praat nie sy dagga­rokery goed nie.

Sy verskoning sal seker wees dat daar nie veel te doen is in Malmesbury nie.

Maar jy kan nie besluit dat hy nie vriende mag hê nie.

Dis verskriklik onredelik en maak nie sin nie.

As jy nie hierdie houdings van jou gaan laat staan nie, sal julle altyd stry ... oor kaf.

En eventually gaan julle uitmekaar dryf.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters